| Baie welkom by Grace Church |
|
Grace is deel van die Christian Reformed Churches of Australia (CRCA). Die CRCA is in amptelike ekumeniese verhoudings met die NG en Gereformeerde Kerke in Suid Afrika.
Die oorgrote meerderheid van Grace se lidmate is Afrikaanssprekend. Ons het egter ’n bewustelike keuse gemaak dat Engels ons primêre bedieningstaal sal wees. Daar is verskeie redes hiervoor, onder andere die volgende:
Bogenoemde beteken nie dat ons dogmaties is oor die rol van Engels nie. Ons erken absoluut die diepe behoefte van mense om in hulle moedertaal te aanbid en probeer dit op verskillende maniere akkommodeer. Daardie behoefte moet egter ook in balans gebring word met ons uitreiktaak en die langtermyn behoeftes van ons kinders. Ons het beslis nie al die wysheid in pag oor hoe om dit te doen nie maar ons vertrou dat ons benadering tog op ’n manier hierdie moeilike balanseertoertjie regkry!
Die vraag is dan nou hoe ons die behoeftes van Afrikaanse gelowiges om in Afrikaans te aanbid akkommodeer? Dit gebeur op ’n paar maniere: • Ons hou elke eerste Sondag van die maand om 18:00 ’n Afrikaanse diens. Hierdie diens is ’n wonderlike geleentheid vir al ons Afrikaanse lidmate om die Here in hulle eie taal te aanbid. Ons sien dit ook as ’n uitreik na die breër Afrikaanse gemeenskap.
Ons hoop dat dit duidelik sal wees uit bogenoemde dat ons by Grace ’n omgewing probeer skep waar jy as Afrikaanse gelowige tuis sal voel maar wat jou ook sal toerus om deel te word van dit wat die Here in en deur die Australiese kerk wil doen.
Jy is baie welkom om ’n draai by ons te kom maak om self te kom kyk. Ons belowe om geen druk op jou te plaas om by ons aan te sluit nie maar ons vertrou dat jy jou kuier by ons so sal geniet dat ons daarna sommer baie meer van jou sal sien! Jy is natuurlik ook baie welkom om ons te kontak indien jy enige verdere vrae het.
|
Afrikaans